Jeug in Piet Retief

June 12 2008

Hoe gemaak

Filed under: Almal, Annemarie — aventer @ 6:25 pm

Haai haai, dis weer ekke :)

‘n Jaar is lank, maar tog het daar so baie in die jaar gebeur.

Laas Woensdag was my eerste Woensdag by die jeug vir hierdie jaar.  Dit was vir my skokkend om so baie nuwe gesigte te sien en omtrent niks van die oues nie.  Ek het bietjie gaan snuffel om te hoor hoekom hulle nie meer gaan nie (ek is nie eintlik een om te praat nie maar nou ja).  Hulle redes was almal omdat daar iemand by die jeug was van wie hulle nie hou nie.

My vraag is nou…hoe kry ons die kinders se belangstelling terug op God te  en nie op die mense wat daar gaan wees nie?  Dis tog waaroor die jeug gaan: GOD.

May 11 2007

Spesiale lesse, veranderning en betekenisvolheid

Filed under: Bernard — bvwyngaard @ 3:38 pm

Jammer dat ek vir so lank nie gepost het nie. Dit is ook gedeeltelik waaroor hierdie post gaan

En jammer vir die lang naam, maar ek kon nie aan iets anders dink om dit op te som nie.

Spesiale lesse
Ek was by die gr1-3s van begin laas jaar af, en dis vir my regtig lekker. Die van julle wat al met kinders gewerk het, sal weet waarvan ek praat. Maar die een ding wat my regtig tref is die feit dat elke les maar dieselfde lespatroon volg. En dit is maar hoekom ek so min post. Ja,dit verander elke week, maar dit bly tog dieselfde. So ‘n besige klomp kinders, maar so…tevrede en gelukkig met dit wat ons vir hulle gee. Maar ‘n oom wat so paar jaar terug by die gr6-7s was het vir my een keer gesê dat jy altyd een voor moet wees met jong tieners. Nou sy sosiale eienskappe was nie vreeslik goed nie, en ek dink dit was maar oordat hy so ongelooflik slim is. Enige idees van die van julle wat al gewerk het met kinders en tieners gewerk het my dalk iets hiervan laat weet. Dalk hoe naby aan die buls-eye ek gescore het

Verandering
Nou hierdie een pla my al vir ‘n rukkie. Hoeveel verander jong tieners. Julle sal sien dat ek die topic net Bernard gemaak het, want hierdie is maar dinge waaroor ek dink, dinge wat ek sien ens. Hierdie is nou spesifiek gemik op die gr6-7 groep. Ek wil niks spesifieks noem nie, maar die groep wat ons nou het (en laas jaar se groep) voel vir my soveel anders as groepe van die verlede. Ek het 4groepe van gr7s sien in en uit gaan. Maar die laaste twee voel nou vir my soveel anders as die vorige 3 (hierdie jaar sal die 5de groep wees). Is dit maar omstandigehede wat verander het, my siening (die laaste twee jaar het ek hulle as leier daar, maar voor dit was ek een van die kinders) of die groep kinders wat ons hier het? Kom, Annemarie en Christel, Julle was bietjie voor ek by die jeug, so julle het meer jare waarmee julle dit kan vergelyk. Dalk Cobus en Maryke (Kyk of julle vir Erick kan kry om hierdie post te lees) en ander mense wat met ons as tieners werk. Dalk maak ek die vraag ingewikkelder as wat hy werklik is

Betekenisvolheid
Daar is sekere lesse en stuff (by kampe, die jeug self ens.) wat waarskynlik by my gaan bly vir die res van my lewe. Ek wil nie begin voorbeelde noem nie, maar wat maak ‘n les so ‘n “superles”. En hoekom is dit so dat lesse wat spesifiek nie op jou gemik is nie, maar op ‘n jonger of ouer groep, soveel keer so ‘n inpak op jou het, en in my geval lesse by die jeug, en wat kinders daarvan maak. Terug by my eerste opskriffie, hoekom het kleintjies (gr1-3) nooit sulke regtige “superlesse” nie? Ek onthou niks van kinderkrans nie, en ek moet eerlik wees, ek weet nie of dit so ‘n inpak op my lewe gehad het nie. Ek hoop ons kan dit oorbrug met wat ons by die jeug doen, maar hoeveel het die lesse ‘n invloed op ‘n kind, of is dit maar net die “Christelike kuier” wat ‘n kind help om reg te lewe wat ons doen.

Ek hoop nie dis vier te onregverdige vrae om te vra nie. Maar ek hoop regtig die ouer mense (Ja, dis nou julle studente) sal my kan uithelp

May 10 2007

Praise, worship en DVD’s

Filed under: Almal, Annemarie, Gr 6-7 — aventer @ 5:01 pm

Jammer vir die stilte…skool is besig om ‘n probleem te raak. Elkgeval… Dit het maar dol gegaan by die gr 6 & 7’s met die reëlings van lesse. Toetse is aan die gang, netbal proewe ens ens. So ons het maar die laaste twee weke lekker gesing.

Nou mens sou nie dink dat die kinders rerig daarvan sal hou nie, maar inteendeel. Hulle was mal daaaroor. My vingers was gaar gespeel Woensdag…eina. Maar dit was deur en deur die moeite werd. Om die kinders op so ‘n manier God te sien en loof en prys is rerig amazing.

Die 18de Mei (dis nou volgende Vrydag) het die leiers ‘n lekker DVD aand gereël vir die kinders. Ons hou duimvas dat hulle dit sal geniet. Ons weet die leiers gaan (of ek altans, animation flieks…jay!!! :-D ). Maar ja. Sal julle op hoogte hou. Pizza’s en popcorn hier kom ons :-)

April 11 2007

Skuldgevoel

Filed under: Annemarie, Gr 6-7 — aventer @ 5:20 pm

Wel die slegte nuus is dis weer skool :-( .  Maar die goeie nuus is dat daar weer jeug is! Jay :-D

Vanaand se les (Gr. 6 & 7) was oor skuldgevoel.  Almal het al in hul lewe skuldig gevoel.  Iets verkeerd gedoen waaroor jy baie spyt was.  Wat doen mens met hierdie skuldgevoel?

Wel, die kiddies het baie verskillende antwoorde gegee.  Party skryf al hul skuldgevoelens in ‘n boek neer.  Ander lyk sommer net skuldig en dan vra die ouers die ou bekende vraag van : “Wat het jy gedoen?”.  Party word kwaaf en ignoreer dit.  Ander vergeet dit net.  Maar kan ons werklik van ons skuld weghardloop?

Die antwoord : Nee!  Iewers gaan daardie skuld ons weer inhaal.  Al wat ons kan doen is om God om vergifnis te vra.  Kyk so daarna.  Hy weet al klaar wat jy gedoen het.  Openbaar jou skuld gevoel teenoor die persoon wat jy verkeerd gedoen het.

Wat doen jy as jy skuldig voel?

March 24 2007

Vakansie

Filed under: Almal, Annemarie — aventer @ 6:14 pm

Oh happy day!! :-)

Dis weer sulke tyd, om net te lê en sleg word voor die TV en ons breine ‘n lekker breek te gee. ;-)

Normaalweg is daar nie in die vakansies jeug nie, maar dalk is dit ietwat anders die jaar.  Ons weet nog nie, maar ons sal iets hier skryf as daar is.  As daar nie is nie, wel, geniet dan net jou vakansie.  Dis ons reg as kinders (volwassenes ook) om ‘n blaaskans te hê.

Geniet dit :-D

March 23 2007

Menseregtedag

Filed under: Annemarie, Gr 6-7 — aventer @ 4:09 pm

Haai, Annemarie hier

 Wel ja, Woensdag was ‘n publieke vakansiedag so daar was nie vreeslik baie kinders by die jeug nie (alhoewel die geraas van die kinders mens anders sou laat dink :-) )

Maar elkgeval.  Die les was oor God.  Hoe ons Hemelse Vader nou eintlik is.  God is liefde, God is goed.  God weet wat in ons hart en ons gedagtes aangaan nog voor ons dit gevoel of gedink het.  Scary ja, maar ook amazing

March 21 2007

Paasfees, en laaste jeug voor die vakansie

Filed under: Bernard, Gr 1-3, Gr 4-5 — bvwyngaard @ 8:44 pm

Ons het vandag bietjie gepraat oor paasfees, maar oor die vakansiedag was daar min kinders, so die gr1-3 en 4-5 was saam. Tannie Wilma het vir ons Houtkrys gespeel, en Jan de Wet se Daar is die Lam. Sy het bietjie met ons gepraat oor hoekom ons paasfees vier, en waar dit vandaan kom. Persoonlike opinie : Ek voel nie sy kon heeltemal deurkom na die Gr1-3s nie. Dalk die graad 3s, maar nie die res nie. Dalk omdat die les wat sy beplan het (en dus gegee het) gemaak was spesifiek vir die gr4-5. Hoop maar ons is na die vakansie weer baie

March 15 2007

Die begin van die pad

Filed under: Almal, Bernard — bvwyngaard @ 6:38 pm

Ons is ‘n paar hoërskoolkinders wat help met die Laerskool aksie in Piet Retief, ‘n klein dorpie naby Swaziland. Elke Woensdag-aand het ons jeug, maar ons het hierdie blog begin om vir onsself te help, en om vir die mense wat ons ken en belangstel te sê wat ons doen (Ten minste is dit hoe ons dit sien). Soos ek reeds gesê het is daar elke Woensdag jeug, waar ons dan in ons verskeie aksies indeel. GR 1 – 3. Tieners daar is Bernard, Maroelien, Lily en Wynand. Ons werk almal maar onder tannies Mary-Jane en Christine Gr 4 – 5. Lize en Leandri (Volla) onder Tannie Wilma en Tannie Antonette Gr 6 – 7. Juanita, Annamarie en Christelle By hierdie blog gaan ons julle maar vertel oor wat ons doen, Die lekker en slegte dinge wat gebeur, en hopelik geniet julle hierdie blog saam met ons.  Los gerus enige hulpvaardige goedjies wat jy dink ons in die toekoms sal help of los sommer maar net ‘n paar gedagtes.

Blog at WordPress.com.