Ons is ‘n paar hoërskoolkinders wat help met die Laerskool aksie in Piet Retief, ‘n klein dorpie naby Swaziland. Elke Woensdag-aand het ons jeug, maar ons het hierdie blog begin om vir onsself te help, en om vir die mense wat ons ken en belangstel te sê wat ons doen (Ten minste is dit hoe ons dit sien). Soos ek reeds gesê het is daar elke Woensdag jeug, waar ons dan in ons verskeie aksies indeel. GR 1 – 3. Tieners daar is Bernard, Maroelien, Lily en Wynand. Ons werk almal maar onder tannies Mary-Jane en Christine Gr 4 – 5. Lize en Leandri (Volla) onder Tannie Wilma en Tannie Antonette Gr 6 – 7. Juanita, Annamarie en Christelle By hierdie blog gaan ons julle maar vertel oor wat ons doen, Die lekker en slegte dinge wat gebeur, en hopelik geniet julle hierdie blog saam met ons. Los gerus enige hulpvaardige goedjies wat jy dink ons in die toekoms sal help of los sommer maar net ‘n paar gedagtes.