Jeug in Piet Retief

Maart 15 2007

Die begin van die pad

Filed under: Almal, Bernard — bvwyngaard @ 6:38 nm

Ons is ‘n paar hoërskoolkinders wat help met die Laerskool aksie in Piet Retief, ‘n klein dorpie naby Swaziland. Elke Woensdag-aand het ons jeug, maar ons het hierdie blog begin om vir onsself te help, en om vir die mense wat ons ken en belangstel te sê wat ons doen (Ten minste is dit hoe ons dit sien). Soos ek reeds gesê het is daar elke Woensdag jeug, waar ons dan in ons verskeie aksies indeel. GR 1 – 3. Tieners daar is Bernard, Maroelien, Lily en Wynand. Ons werk almal maar onder tannies Mary-Jane en Christine Gr 4 – 5. Lize en Leandri (Volla) onder Tannie Wilma en Tannie Antonette Gr 6 – 7. Juanita, Annamarie en Christelle By hierdie blog gaan ons julle maar vertel oor wat ons doen, Die lekker en slegte dinge wat gebeur, en hopelik geniet julle hierdie blog saam met ons.  Los gerus enige hulpvaardige goedjies wat jy dink ons in die toekoms sal help of los sommer maar net ‘n paar gedagtes.

4 Kommentaar »

  1. Geniet die blogging. Sal graag lees wat hier uitkom. Ek sal altyd ‘n sagte plekkie hê vir die ongelooflike werk wat julle daar doen. ‘n Idee – maak ‘n category vir elkeen wat skryf, en dan is dit maklik om iemand spesifiek se posts op te spoor.
    Wel, hoop julle ander gaan ook skryf. Ja, ook die volwassenes. Gaan julle oor wat by die hoërskool jeug gebeur ook skryf?

    Comment deur cobus — Maart 24 2007 @ 5:55 vm

  2. Hey.

    Dink ons moet dalk dit ook doen. Goeie idee. Ons sal hard probeer om die volwassenes aan te spoor.

    We’ll keep you posted (pun intended ;-) )

    Comment deur aventer — Maart 24 2007 @ 1:19 nm

  3. Hi daar julle, jinne maar hierdie lot van Wyngaards het ons almal aan die skrywe! Baie sterkte vir die dinge! Wanner kamp ons weer, kan nie wag nie!!!! :-P Lekker dag.

    Comment deur Pete — April 6 2007 @ 11:54 vm

  4. Kyk Pieter, as dit van ons jongklomp van die jeug afgehang het, het ons al klaar 6 kampe gehad ;-) . Ons probeer hard om ‘n plan te maak. Sal jou laat weet

    Comment deur aventer — April 8 2007 @ 2:33 nm


RSS skakeling vir menings op die blad. TrackBack URI

Lewer kommentaar

Blog at WordPress.com.