Jammer dat ek vir so lank nie gepost het nie. Dit is ook gedeeltelik waaroor hierdie post gaan
En jammer vir die lang naam, maar ek kon nie aan iets anders dink om dit op te som nie.
Spesiale lesse
Ek was by die gr1-3s van begin laas jaar af, en dis vir my regtig lekker. Die van julle wat al met kinders gewerk het, sal weet waarvan ek praat. Maar die een ding wat my regtig tref is die feit dat elke les maar dieselfde lespatroon volg. En dit is maar hoekom ek so min post. Ja,dit verander elke week, maar dit bly tog dieselfde. So ‘n besige klomp kinders, maar so…tevrede en gelukkig met dit wat ons vir hulle gee. Maar ‘n oom wat so paar jaar terug by die gr6-7s was het vir my een keer gesê dat jy altyd een voor moet wees met jong tieners. Nou sy sosiale eienskappe was nie vreeslik goed nie, en ek dink dit was maar oordat hy so ongelooflik slim is. Enige idees van die van julle wat al gewerk het met kinders en tieners gewerk het my dalk iets hiervan laat weet. Dalk hoe naby aan die buls-eye ek gescore het
Verandering
Nou hierdie een pla my al vir ‘n rukkie. Hoeveel verander jong tieners. Julle sal sien dat ek die topic net Bernard gemaak het, want hierdie is maar dinge waaroor ek dink, dinge wat ek sien ens. Hierdie is nou spesifiek gemik op die gr6-7 groep. Ek wil niks spesifieks noem nie, maar die groep wat ons nou het (en laas jaar se groep) voel vir my soveel anders as groepe van die verlede. Ek het 4groepe van gr7s sien in en uit gaan. Maar die laaste twee voel nou vir my soveel anders as die vorige 3 (hierdie jaar sal die 5de groep wees). Is dit maar omstandigehede wat verander het, my siening (die laaste twee jaar het ek hulle as leier daar, maar voor dit was ek een van die kinders) of die groep kinders wat ons hier het? Kom, Annemarie en Christel, Julle was bietjie voor ek by die jeug, so julle het meer jare waarmee julle dit kan vergelyk. Dalk Cobus en Maryke (Kyk of julle vir Erick kan kry om hierdie post te lees) en ander mense wat met ons as tieners werk. Dalk maak ek die vraag ingewikkelder as wat hy werklik is
Betekenisvolheid
Daar is sekere lesse en stuff (by kampe, die jeug self ens.) wat waarskynlik by my gaan bly vir die res van my lewe. Ek wil nie begin voorbeelde noem nie, maar wat maak ‘n les so ‘n “superles”. En hoekom is dit so dat lesse wat spesifiek nie op jou gemik is nie, maar op ‘n jonger of ouer groep, soveel keer so ‘n inpak op jou het, en in my geval lesse by die jeug, en wat kinders daarvan maak. Terug by my eerste opskriffie, hoekom het kleintjies (gr1-3) nooit sulke regtige “superlesse” nie? Ek onthou niks van kinderkrans nie, en ek moet eerlik wees, ek weet nie of dit so ‘n inpak op my lewe gehad het nie. Ek hoop ons kan dit oorbrug met wat ons by die jeug doen, maar hoeveel het die lesse ‘n invloed op ‘n kind, of is dit maar net die “Christelike kuier” wat ‘n kind help om reg te lewe wat ons doen.
Ek hoop nie dis vier te onregverdige vrae om te vra nie. Maar ek hoop regtig die ouer mense (Ja, dis nou julle studente) sal my kan uithelp
DIE EINDE VAN DIE KERK-ERA
. . . EN DAARNA
Deur Harold Camping
________________________________________
IS DIT WAAR dat ons in die tyd van die Groot Verdrukking is?
IS DIT WAAR dat die Kerk-era tot ‘n einde gekom het?
IS DIT WAAR dat God die ware gelowiges, in Christus as hul Saligmaker, beveel om hulle kerke onmiddelik te verlaat?
IS DIT WAAR dat God nie meer van kerke gebruik maak om die wêreld te evangeliseer nie?
IS DIT WAAR dat die taak om die wêreld te evangeliseer nou deur God aan indiwidue toevertrou is om afsonderlik en gesamentlik met organisasies soos Family Radio mee te werk ten einde hul opdrag ten uitvoer te bring?
IS DIT WAAR dat alle plaaslike gemeente en kerkstukture sonder uitsondering onder die oordeel van God gekom het?
IS DIT WAAR dat God nie meer mense deur die plaaslike kerk verlos nie?
IS DIT WAAR dat Satan in elke plaaslike kerk die heerskappy voer?
IS DIT WAAR dat die oordeel wat nou op elke plaaslike kerk is oor sal gaan tot die uiteindelike finale oordeel aan die einde van die wêreld?
Hierdie is sommige van die baie êrenstige vrae wat in hierdie boek aangespreek word.
besoek gerus
ook http://www.familyradio.com en
http://www.timehasanend.org
Hierdie boodskap word tans wereldwyd via radio uitgesaai… en die kerke kan daar niks aan doen…!!!
Luister in die aande om 19h30 of 23h30 na die program OPEN FORUM op Family Radio
oor AM 1197khz oppi draadloos
en vir diegene wat nog Short Wave kan opvang SW 3230khz en SW 6020khz (21h00 tot 23h00)
Comment deur johannes_11 — Mei 17 2007 @ 2:32 nm
Hi
Jy moet ge-eerd voel aangesien ek nooit comment nie maar wat jy in jou post gevra het is vrae wat ek gevra het toe ek so oud soos jy was en by ons kerk se jeug betrokke was en nou nog vra…
Hierdie is slegs my opinie en my opinie alleen.
Spesiale lesse: Of ‘n mens jou lesse en manier van aanbied deurentyd moet verander en vernuwe en of jy moet bly by ‘n konsep wat werk is ‘n moeilike vraag maar ek dink ‘n mens moet buite die kerk ook kyk na wat werk en dan besluit: Volgens my is daar ‘n fyn lyn tussen stagnasie en groei. Want sien verandering is goed maar kan ook baie sleg wees indien dit op die verkeerde tyd gedoen word. Daarom moet ‘n mens altyd dinge goed dophou en jou vinger op die pols he en seker maak dat jou metode die beste moontlik is en nie noodwendig die maklikste nie, jy moet seker maak dat dit werklik werk en indien verandering moet plaas vind moet jy al jou opsies oorweeg en jou huiswerk mooi doen en dit stelselmatig infaseer. Wel dit is inelkgeval wat ek nou probeer by overkruin (ek is mos jeugwerker daar)want sien hulle het amper glad nie jeugaksies nie en dit is my werk om dit te begin en die mense daaraan gewoond te maak:)
Verandering: Wel as jy die antwoord op die vraag kry laat weet my ook asb.:) Dat kinders en veral tieners baie verander oor tyd is ‘n feit maar hoeveel een jaar van die volgende verskil is ‘n oop vraag en ek weet regtig nie maar ek dink dit is partykeer meer as wat ons dink ek kom dit agter op die svw kampe van jaar tot jaar, maar praat maar met jou boetie hulle ook en hoor of hulle saamstem en wat hulle dink.
Betekenisvolheid: Hierdie is seker die vraag waarmee ek die meeste gestruggle het want sien ek het op ‘n punt gekom wat ek dink dat kinders glad nie die lesse onthou wat ons met soveel moeite uitwerk nie (ek se dit met baie liefde gelukkig weet jy hoe voel ek oor kinders) Ek weet ek kan nie myne onthou van toe ek klein was nie… Beteken dit dat nou dat ons nie hierdie lesse moet hou nie ens. NEE!!! Dit is glad nie wat ek se nie inteendeel. Ek onthou miskien nie die lesse nie maar ek onthou die ooms en tannies wat actually moeite gedoen het met en vir my, hulle wat regtig omgegee het, hulle wat elke week daar was, wat saam my gelag het en wat nie fake was nie. En iewers het hulle my baie dinge geleer wat ek vandag nog gebruik en onthou. En al kan ek nie die lesse onthou nie het ek dit wat hulle vir my wou leer geleer. Ja nou kan ons se ons kan dit ook doen deur daar te wees en saam hulle te speel en te kuier ens. Maar ek dink dat kinders tog hoor wat ons vir hulle leer in lesse en al kan hulle dit nie woordeliks onthou nie of dalk lyk of hulle dit glad nie kan onthou nie steek dit tog iewers vas. En onthou hulle dit tog die dag wanneer hulle dit nodig het al kan hulle nie noodwendig onthou waar hulle dit geleer het of hoe nie. So volgens my, kom ons probeer altyd om soveel moeite moontlik te doen met ons lesse want kinders is slim genoeg om te besef wanneer jy moeite gedoen het en regtig genuine is en wanneer ons afskeep hulle is klein en kan dalk nie ons lesse onthou nie maar hulle onthou teleurstelling in iemand en afgeskeep voel ens.
Sterkte met die jeug en hou so aan ek weet dit is nie altyd maklik nie
Comment deur Annelie Bouwer — Junie 17 2007 @ 5:39 nm
Spesiale lesse
Ek dink nie dit is regtig so nodig om elke week iets nuuts te doen nie. Ek verduidelik dit soos volg. As jy die nuwe Linkin Park CD gaan koop, gaan koop jy hom oor een van twee redes. Of jy het by iemand anders gehoor die is ‘n goeie CD en daarom wil jy graag hoor hoe dit klink, of jy het in die verlede al van Linkin Park gehou en jy koop die nuwe CD omdat hulle musiek in die verlede vir jou goed was. Daar gaan sekere aspekte van hulle musiek wees wat gaan verander maar dit gaan weer Rock musiek wees en meer spesifiek dit gaan heel waarskeinlik Nu-Metal wees. Daar gaan nuwe liedjies met nuwe woorde en nuwe wysies wees maar dit gaan dieselfde soort musiek wees. Terug my die jeug. Verandering is ‘n goeie ding, maar wees net versigtig dat jy nie soveel vernaderinge maak dat jy die mense wat tuis voel by die jeug nou laat opngemaklik voel nie. Daar is mense by die jeug omdat hulle hou van wat gebeur. Hulle is gemaklik met die general program en die manier wat goed daar gebeur, al wat jy nou moet doen is om seker te maak dat hulle nie die laaste bietjie wat hulle nie weet vir hulle weg te gee nie. Daar is ‘n rede waarom hulle tevrede en gelukkig is.
Verandering
Verandering is ‘n baie breë veld vir my. Want elke persoon word groot in sy eie huis en vorm sy eie persoonlike identiteit. Maar as hulle by die skool kom het elke vriend in ‘n vriende kring weer ‘n invloed op mekaar en dit is nie dieselfde vriende wat ‘n invloed op die vorige jaargroep gehad het nie. So as mens net gaan kyk hoe gr7 optree en wat hulle doen gaan elke jaargroep lyk soos ‘n genaration gap op sy eie. Gr7s verander, maar ek dink nie regtig dit is so baie soos wat ons altyd wil maak nie. Die probleme waarmee gr7s sukkel gaan verander maar heel waarskeinlik nie jaarliks nie. Toe my pa st5 was hoef hy nie te geworry het as hy sy kamer lig aanvergeet het nie, want toe het ons land nog genoeg krag gehad, maar vandag is dit ‘n ernstige issue. Die punt wat probeer maak is dat daar sekere goed is wat gaan verander oor die jare, a.g.v die media ens. Maar daar is sekere goed wat dieselfde gaan bly. Ek dink nie jy gaan jou hele approuch jaarliks moet verander net omdat jy bang is dat die gr7s soveel verander het oor ‘n jaar dat hulle nie meer by jou gaan aanklank vind nie.
Betekenisvolheid
Ek weet en jy weet en die dominee wat voor in die kerk staan weet dat die mense vir wie daar lesings gegee word onthou nie ‘n enkele woord wat gesê is nie. Waarom hou ons dan nog lesings. Terwyl jy in ‘n lesing sit hoor jy sekere goed en jy maak sekere besluite. In ‘n lesing oor vriende maak jy dalk die besluit oor hoe jy jou vriende gaan kies of in ‘n lesing oor ouers neem jy die besluit oor hoe jy teenoor jou ouers gaan optree of in ‘n lesing oor verhoudings neem jy ‘n besluit oor hoe jy jou verhoudings gaan aanpas. ‘n Dag later kan jy nie meer onthou wat het die persoon in sy lesing gesê nie en jy kan ook nie eers regtig onthou dat jy ‘n besluit geneem het nie, maar die besluit sit in jou onderbewussein en daarom het dit ‘n baie groter invloed op elkeen van ons as wat ons partymaal wil erken. Ek dink nie daar is iets soos ‘n superles nie. Ek kan nou nog lesse uit my die wat ek by die jeug was onthou wat ek gedog het dit was nogals goed, maar ek is seker darvan dat nie een van die gr6-7 wat daar was kan onthou wat ek gesê het nie. Moenie dink jy kan maar nonsens praat net omdat niemand luister wat jy sê nie.
Comment deur Erick van Wyngaard — Junie 19 2007 @ 8:08 vm
Annemarie Venter, dogter van Jan en Hettie Venter?
Comment deur Ingrid — Januarie 10 2008 @ 12:57 nm
Laaste Dag
21 Mei 2011 tot 21 Oktober 2011 …. 5 maande van hel op aarde!!!
(Openb 9:5) En dit is aan hulle gegee, nie om hulle dood te maak nie, maar dat hulle vyf maande lank gepynig sou word; en hulle pyniging was soos die pyniging van ‘n skerpioen wanneer hy ‘n mens steek.
(Openb 9:6) En in dié dae sal die mense die dood soek en dit nie vind nie; en hulle sal verlang om te sterwe, en die dood sal vir hulle wegvlug.
(Openb 16:17) En die sewende engel het sy skaal uitgegooi in die lug, en ‘n groot stem het uit die tempel van die hemel gekom, van die troon af, wat gesê het: Dit is verby!
(Openb 16:18) En daar het stemme gekom en donderslae en bliksemstrale, en daar het ‘n groot aardbewing gekom soos daar nog nie gewees het vandat die mense op die aarde was nie so ‘n geweldige groot aardbewing.
lees ook die boek “We Are Almost There!!!” by http://www.familyradio.com/graphical/literature/waat/waat_temp.html
Comment deur johannes coetzee — Maart 5 2008 @ 1:39 nm