Jeug in Piet Retief

Junie 12 2008

Hoe gemaak

Filed under: Almal, Annemarie — aventer @ 6:25 nm

Haai haai, dis weer ekke :)

‘n Jaar is lank, maar tog het daar so baie in die jaar gebeur.

Laas Woensdag was my eerste Woensdag by die jeug vir hierdie jaar.  Dit was vir my skokkend om so baie nuwe gesigte te sien en omtrent niks van die oues nie.  Ek het bietjie gaan snuffel om te hoor hoekom hulle nie meer gaan nie (ek is nie eintlik een om te praat nie maar nou ja).  Hulle redes was almal omdat daar iemand by die jeug was van wie hulle nie hou nie.

My vraag is nou…hoe kry ons die kinders se belangstelling terug op God te  en nie op die mense wat daar gaan wees nie?  Dis tog waaroor die jeug gaan: GOD.

4 Kommentaar »

  1. Ek weet nie hoor… as ek 1 Korintiërs byvoorbeeld lees dan klink dit my dit gaan nogals baie oor die kerk ook, die gemeenskap van gelowiges, die mense rondom ons en hoe ons teenoor mekaar en teenoor die mense rondom ons, buite die kerk, optree. Dit gaan oor God, maar ‘oor God’ dink ek beteken baie sterk dit gaan oor hoe ons teenoor mense rondom ons optree.

    So sterkte met wat julle doen, maar dalk moet mense help om juis meer ‘op mekaar’ te fokus…

    Comment deur Cobus — Junie 12 2008 @ 7:12 nm

  2. O, ek’s bly julle skryf weer op die blog! Hoop meer van julle gaa dit doen.

    Comment deur Cobus — Junie 12 2008 @ 7:13 nm

  3. Sal dit probeer lewendig hou, belowe

    Comment deur aventer — Junie 13 2008 @ 10:01 vm

  4. Hi

    Ek wil saam met Cobus stem. Ek dink dit gaan meer oor kuier in ‘n Christelike gees (dis beter as wat dit klink) as oor hulle oor God te leer

    Ek like die nuwe gesigte, maar ek dink ek moet hulle net om die kerk jaag so paar keer elke woensdag, om van hulle energie ontslae te raak!!!

    Comment deur Bernard — Junie 13 2008 @ 3:50 nm


RSS skakeling vir menings op die blad. TrackBack URI

Lewer kommentaar

Blog at WordPress.com.