Haai haai, dis weer ekke
‘n Jaar is lank, maar tog het daar so baie in die jaar gebeur.
Laas Woensdag was my eerste Woensdag by die jeug vir hierdie jaar. Dit was vir my skokkend om so baie nuwe gesigte te sien en omtrent niks van die oues nie. Ek het bietjie gaan snuffel om te hoor hoekom hulle nie meer gaan nie (ek is nie eintlik een om te praat nie maar nou ja). Hulle redes was almal omdat daar iemand by die jeug was van wie hulle nie hou nie.
My vraag is nou…hoe kry ons die kinders se belangstelling terug op God te en nie op die mense wat daar gaan wees nie? Dis tog waaroor die jeug gaan: GOD.